Ken & Verstaan Lewensvaardighede Graad 4 is deur 'n ervare span skrywers ontwikkel om die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) ten volle te ondersteun. Hierdie nuwe kursus help nie net leerders om noodsaaklike inhoud en vaardighede in die vak onder die knie te kry nie, maar gee hulle die bes moontlike grondslag waarop hulle hul kennis van Lewensorientering en Skeppende Kunste kan voortbou. Die innoverende Onderwysersgids met CD-ROM sluit 'n gedetailleerde werkskedule vir die hele jaar in, verskaf leiding vir die onderrig van elke les en vorm van assessering, asook remedierings- en uitbreidingsaktiwiteite vir elke Eenheid, bevat fotokopieerbare rekord- en voorbeeldvelle, en voorsien musieksnitte ter ondersteuning van die Uitvoerende Kunste-onderwerp.