Ken & Verstaan Natuurwetenskappe en Tegnologie Graad 6 is deur 'n ervare span skrywers ontwikkel om die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) ten volle te ondersteun. Hierdie nuwe kursus help nie net leerders om noodsaaklike inhoud en vaardighede in die vak onder die knie te kry nie, maar gee hulle die bes moontlike grondslag waarop hulle hul kennis van Natuurwetenskappe en Tegnologie kan voortbou. Die innoverende Onderwysersgids vir Natuurwetenskappe en Tegnologie Graad 4 bevat 'n gedetailleerde werkskedule vir die hele jaar, leiding vir die onderrig van elke les en elke vorm van assessering, omvattende ondersteuning in die aanbieding van Natuurwetenskappe en Tegnologie-aktiwiteite, fotokopieerbare rekord- en voorbeeldvelle, voorbeeldeksamenvraestelle met hul memorandums, asook addisionele werksvelle om onderrig te ondersteun.