Ken & Verstaan Sosiale Wetenskappe is deur 'n ervare span skrywers ontwikkel om die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) ten volle te ondersteun. Hierdie nuwe kursus is maklik om te gebruik en help leerders nie alleen om belangrike vaardighede in die vak te ontwikkel nie, maar gee aan hulle ook die bes moontlike basis waarop hulle hul Geskiedenis- en Geografi e-kennis kan voortbou. Die omvattende Leerdersboek: verskaf aktiwiteite wat leerders se vaardighede en begrip van al die modules wat in die kurrikulum vir Sosiale Wetenskappe voorgeskryf word, ontwikkel, sluit volkleur illustrasies, foto's en diagramme in, en bied nuwe en relevante inhoud wat volgens die KABV-dokument uiteengesit is. Die innoverende Onderwysersgids bied: stapsgewyse leiding met betrekking tot die onderrig van elke les en elke vorm van assessering, remedierings- en verrykingsaktiwiteite vir elke module, interessante voorstelle hoe om die kurrikulum met die leerder se leefwêreld te verbind, 'n omvattende afdeling vir Formele Assessering met voorbeeldeksamenvraestelle en -memorandums, asook fotokopieerbare rekord- en voorbeeldvelle om onderrig te ondersteun.